Posts

Showing posts from January, 2022

EGIPTELAND

Image
Ek weet nie wie van Julle al daar was nie, maar vir my dit was ʼn belewenis.  Maar dit het ook gepaard gegaan met ʼn groot klomp stres, wat ek eerder nie wou gehad het nie.  Ons arriveer in Kaïro op Saterdag die 27ste November, net 3 dae nadat Omikron sy verskyning hier gemaak het.  Twee uur later kom daar ʼn Whatsapp van Egyptair was sê sorrie alle vlugte na SA is gekanselleer so hulle kanselleer my vliegkaartjie.   Al die vlugte uit die EU is dieselfde tyd gestaak, so dadelik was daar nou die groot vrees dat jy is gestrand.  Ek het die hele Sondag onsuksesvol gespandeer net om ʼn plek te probeer kry in Kaïro waar ek ʼn ander vlug kan bespreek, maar dit is ook ʼn ander storie daardie.  Toe op die ou end Sondagaand Whatsapp ek my broer hier in die Kaap en hy bespreek tjop-tjop vir my ʼn plek terug op Qatar met Travelstart, en hy e-pos vir my die kaartjie.  OK daardie probleem opgelos.   Maar daar was ʼn ander groot olifant in die kamer: nieman...